Psalms 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy weë is altyd swaar; jou oordele is ver bo van sy aangesig af; al sy vyande, Hy blaas op hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy is suksesvol in alles wat hy doen. U oordele is vir hom buite sig. Minagtend lag hy oor al sy vyande.
Afrikaans 1933/1953 Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders -- hy blaas op hulle.
Afrikaans 1983 Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak. U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld. Hy snork met veragting oor al sy vyande.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy paaie is altyd voorspoedig. U beslissings is ver buite sy gesigsveld. Hy minag al sy teenstanders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan altyd goed met hom, hy dink U is te ver om hom te oordeel, hy dink die mense wat teen hom is, beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit gaan goed met alles wat hulle doen. Hulle is suksesvol. Dit lyk of hulle glad nie bang is vir u straf nie. Hulle buit ander uit. En hulle sien U nie raak nie.