Psalms 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goddelose sal deur die trots van sy aangesig nie na God soek nie: God is nie in al sy gedagtes nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie bose mens is te trots om God te soek. In al sy beplannings is daar geen plek vir God nie.
Afrikaans 1933/1953 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie -- dit is al sy gedagtes!
Afrikaans 1983 Neus in die lug sê hy: “God vra tog geen rekenskap nie!” In al sy planne is daar geen plek vir God nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die goddelose sê met sy neus in die lug: “God vra nie rekenskap nie; daar is geen God nie” – dit is al sy gedagtes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mens wat verkeerd doen, is hoogmoedig, hy vra nie wat die Here wil hê nie. Hy maak planne, maar hy dink nie aan God nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat die Here nie dien nie, loop altyd neus in die lug. Hulle dink te veel van hulleself. Hulle sê: “God straf tog nie sulke dade nie.” Party van hulle gaan nog verder en sê: “Daar is in elk geval geen God nie.”