Psalms 10:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die goddelose roem op sy hartsbegeerte en seën die gierigaards vir wie die HERE 'n afsku het.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die goddelose spog met sy bose begeertes; hy seën die inhaliges en vervloek die Here.
Afrikaans 1933/1953 Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.
Afrikaans 1983 Die goddelose verlustig hom nou al in wat hy hoop om in die hande te kry. Die een wat hom wil verryk ten koste van 'n ander, wens homself by voorbaat geluk. Hy verag die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, 'n goddelose spog oor sy hartsbegeertes, en terwyl hy wins maak, vervloek en verag hy die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die mens wat verkeerd doen, dink hy kan alles kry wat hy wil hê, hy wil ryk word van ander mense se goed. Hy praat sleg oor die Here en hy sê die Here is nie belangrik nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat God nie dien nie, geniet dit om sonde te doen. Hulle sê vir mense wat oneerlik wins maak om daarmee aan te hou. Vir die Here het hulle geen respek nie.