Psalms 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die goddelose in sy trots vervolg die armes; laat hulle gevang word in die planne wat hulle uitgedink het.
Afrikaans (NLV) 2011 Bose mense vol verwaandheid vervolg die ellendiges. Laat hulle gevang word in die planne wat hulle vir ander bedink.
Afrikaans 1933/1953 In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!
Afrikaans 1983 Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man. Laat hulle gevang word deur die sluwe planne wat hulle self uitgedink het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In hulle hoogmoed agtervolg goddeloses die magtelose. Mag hulle verstrik raak in die sameswerings wat hulle beplan!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mens wat verkeerd doen, jaag die mens wat homself nie kan help nie en wil hom vang. U moet die mens wat verkeerd doen, laat vang, die planne wat hy self gemaak het, moet hom vang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wat arrogant is en nie na U luister nie, dink hulle is beter as dié wat hulpeloos is. Daarom trap hulle op die swakkes. Sorg asseblief dat hulle die slagoffers van hulle eie slegte planne word.