Psalms 10:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Om die wees en die verdruktes te oordeel, sodat die mens van die aarde nie meer verdruk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U spreek reg oor wese en verdruktes sodat mense hulle nie meer verskrik nie.
Afrikaans 1933/1953 om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
Afrikaans 1983 U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood, sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) om aan die weeskind en die onderdrukte reg te laat geskied. Niemand sal meer voortgaan om mense uit die land te verdryf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U doen reg aan die weeskind en die mens wat swaarkry. Niemand op die aarde sal weer slegte dinge doen aan ander mense nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U sorg dat mense wat geen regte het nie en onderdruk word, goed behandel word. Daarom hoef niemand bang te wees vir magsbehepte mense nie. God self sal met al die skuldiges afreken.