Psalms 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | HERE, U het die begeerte van die nederiges gehoor; U sal hulle hart voorberei, U oor laat hoor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, U hoor die smeking van die hulpeloses. U sal hulle gerusstel en hulle gebede verhoor. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister |
| Afrikaans 1983 | U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het gehoor wat die verdruktes graag wil hê, Here. U versterk hulle harte, U oor luister aandagtig |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U het gehoor wat die mense wil hê, die mense wat hulleself nie kan beskerm nie. U laat hulle weer sterk word, U luister na hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U hoor alles wat hulpelose mense vir U vra. U gee vir hulle nuwe krag. U hoor as hulle met U praat. |