Psalms 10:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Breek jy die arm van die goddelose en die bose man; soek sy boosheid totdat jy niks kry nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Breek die greep van die goddelose, dié wat kwaad bewerk! Roep hom tot verantwoording oor sy bose dade totdat U hom nie meer vind nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verbreek die arm van die goddelose en slegte; besoek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie! |
| Afrikaans 1983 | Verbreek tog die magsgreep van die goddelose en van die misdadiger, straf sy misdade! Moenie een enkele van sy misdade verskoon nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Breek die arm van die goddelose, ja, eis rekenskap van 'n bose mens oor sy goddeloosheid totdat U niks meer vind nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet die mens swak maak wat verkeerd doen, U moet die krag van die slegte mens breek. U moet hom straf oor alles wat hy verkeerd doen, hy moet nooit weer verkeerd doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bring ’n einde aan die magspel van die mense wat aanhou om slegte dinge te doen, Here! Moenie dat een verkeerde daad van hulle ongestraf bly nie. |