Psalms 10:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het dit gesien; want jy sien onheil en rampspoed, om dit met jou hand te vergeld; die arme gee hom oor aan jou; jy is die helper van die wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar U sien die moeilikheid en leed wat hulle veroorsaak, ja, U, U sien dit raak en tree teen hulle op. Die hulpeloses vertrou op U, die beskermer van die weeskind. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het dit gesien; want U aanskou die moeite en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan U gee die ongelukkige dit oor; U was 'n helper van die wees. |
| Afrikaans 1983 | En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar 'n einde aan. Op U verlaat die ongelukkige hom, ook vir die weeskind is U 'n helper. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U sien tog self die moeite en verdriet, U sien dit raak. Deur dit in u hand te gee, laat weerloses dit aan U oor; vir weeskinders is U 'n helper. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U sien hoe mense swaarkry en seerkry, U sien dit en U sal iets doen. Die mens wat homself nie kan help nie, die weeskind, glo dat U hom sal help, en U sál dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar U sien mos wat hulle doen. U sien hoe mense te na gekom word. Almal wat deur hulle te kort gedoen word, kom vertel dit vir U. Daardie arme mense wat so swaarkry, gee hulle hartseer in u hande oor. U help mense wie se regte vertrap word. U help mense wat nie ’n pa het nie. |