Psalms 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die goddelose is nie so nie, maar is soos die kaf wat die wind verdryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar dit geld nie vir die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat die wind verstrooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. |
| Afrikaans 1983 | So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So is die goddeloses nie; inteendeel, hulle is soos kaf wat die wind wegwaai. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit gaan nie so met mense wat verkeerd doen nie. Mense wat verkeerd doen, is soos kaf, die wind waai hulle weg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Met elkeen wat nie doen wat God sê nie, gaan dit bitter sleg. Hulle sondes laat hulle lewe uitmekaarval. |