Proverbs 8:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is die man wat na my luister, elke dag waak by my poorte, en wag by die poste van my deure. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal goed gaan met elke mens wat na my luister, wat elke dag na my huis toe kom en buite by my deur vir my staan en wag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. |
| Afrikaans 1983 | Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister, die mens wat elke dag na my huis toe kom en op my drumpel staan en wag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is die mens wat na my luister deur dag ná dag by my deure te waak, by die kosyne van my ingange wag te hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met mense wat luister na my, mense wat wakker bly en elke dag staan en wag by my deure, die deure waardeur julle kan inkom na my toe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie elke dag reg wil leef, is baie gelukkig. Wie elke dag probeer om die regte dinge te doen en te sê se vreugde ken geen perke nie. |