Proverbs 8:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe was ek by hom, soos 'n mens by hom grootgemaak het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n boumeester was ek elke dag langs Hom. Ek was elke dag sy vreugde. Die hele tyd het ek dit by Hom geniet. |
| Afrikaans 1933/1953 | toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, |
| Afrikaans 1983 | Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | was ek 'n lieflingskind aan sy sy – ek was dag ná dag sy vreugde, terwyl ek die hele tyd voor Hom speel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het alles by Hom geleer wat ek weet, Hy was elke dag bly dat ek daar is, dit was vir my lekker om altyd naby Hom te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wysheid was vir God soos ’n lieflingskind. Dag vir dag het Hy haar geniet. Soos ’n vrolike, huppelende kind het die wysheid die hele aarde vol gespeel. |