Proverbs 8:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe Hy sy bevel aan die see gegee het, dat die waters sy gebod nie sou oortree nie, toe Hy die fondamente van die aarde bepaal het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was alreeds daar toe Hy die see se grens bepaal het sodat dit nie die grens kan oorsteek wat Hy daarvoor gestel het nie. Ek was daar toe Hy die fondamente van die aarde afgemerk het.
Afrikaans 1933/1953 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het --
Afrikaans 1983 Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, die waters aan sy wil onderwerp het, toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, dat die water nie sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde afgesteek het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was daar toe Hy gesê het hoe ver die water van die see mag kom en toe Hy die fondamente van die aarde neergesit het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) toe Hy vir die see grense gestel het (sodat die waters hulle plek sou ken), toe Hy die fondamente van die aarde bepaal het, was die wysheid al lankal daar.