Proverbs 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek wysheid woon in verstandigheid, en ek vind kennis van geestige versinsels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek, Wysheid, maak my tuis by dié wat verstand het. Ek weet waar om kennis en onderskeidingsvermoë te bekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. |
| Afrikaans 1983 | “Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Ek, Wysheid, die kennis van goeie oordeel verkry ek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is wysheid. Waar ek is, daar weet mense wat om te doen, ek weet wat mense moet leer om die regte dinge te kan doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wysheid moet gesien kan word daar waar mense moeilike situasies reg hanteer, daar waar die regte woorde op die regte oomblik gesê word. |