Proverbs 8:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wysheid is beter as robyne; en al die dinge wat begeer kan word, is nie daarmee te vergelyk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wysheid is baie meer werd as edelstene. Daar is niks wat jy kan begeer wat teen wysheid kan opweeg nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek, Wysheid, is kosbaarder as edelstene; wat jy ook al as baie werd beskou, teen my weeg dit nie op nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, Wysheid is beter as koraal, en niks wat begeerlik is, kan met haar vergelyk word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, wysheid is beter as koraal, wysheid is beter as enige iets wat jy graag sal wil hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My goeie raad vir ’n gelukkige lewe is baie meer werd as jou peperduur juwele. Dis kosbaarder as enigiets wat jy ooit kan begeer. |