Proverbs 8:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ontvang my tug en nie silwer nie; en kennis eerder as uitgesoekte goud.
Afrikaans (NLV) 2011 Aanvaar eerder wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer. My kennis is meer werd as goud.
Afrikaans 1933/1953 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
Afrikaans 1983 Aanvaar wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer; kennis is meer werd as die fynste goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aanvaar my vermaning, en nie silwer nie, aanvaar kennis eerder as goud.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet doen wat ek vir julle sê, dit is beter as om silwer te hê. Om dinge te weet, is beter as om die beste goud te hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “My lewensreëls is baie meer werd as geld. Dit wat ek jou van die lewe wil leer, is baie kosbaarder as aardse skatte.