Proverbs 7:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy loop dadelik agter haar aan soos 'n bees om te slag, of soos 'n dwaas om die stokke reg te maak; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy loop dadelik agter haar aan. Hy was soos ’n bees wat na die slagpale gelei word. Hy was soos ’n wildsbok wat in die slagyster trap |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot, |
| Afrikaans 1983 | Hy loop sonder weerstand agter haar aan soos 'n bees op pad slagpale toe. Soos 'n dwaas word hy in die strik gevang |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy loop dadelik agter haar aan; soos 'n bees na die slagplek gaan hy in, met die huppel van 'n rooitakbok op pad na 'n vangstrik |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongman het saam met haar geloop, hy was soos 'n bees wat na die slagplek gaan, soos 'n bok wat in 'n vangstrik getrap het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die jongman het toegegee. Sy het hom oortuig. Haar stroperige woorde het hom verlei. Sonder om ’n oomblik verder te dink, doen hy wat sy sê. Dit is verskriklik. Hy is soos ’n bees wat slagpale toe loop, soos ’n voëltjie wat oopoë in ’n lokval instap. |