Proverbs 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar het hom 'n vrou teëgekom in die kleed van 'n hoer en listig van hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vrou, aangetrek soos ’n prostituut, het na hom toe geloop. Sy het slim planne gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart -- |
| Afrikaans 1983 | Daar kom die vrou hom tegemoet; sy dra die klere van 'n prostituut, sy is 'n vrou met listige planne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, toe is daar 'n vrou wat hom tegemoetgaan, met die drag van 'n prostituut, en met 'n listige hart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het 'n vrou na die jongman toe gekom. Haar klere was soos 'n prostituut se klere en sy was slim en skelm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit was die plek waar daar altyd ’n vrou gestaan het. Hy wou nog vinnig met die trappe na haar huis opdraf toe die vrou hom sien. ’n Mens kon aan haar kleredrag sien sy is ’n straatvrou. |