Proverbs 6:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar wie met 'n vrou owerspel pleeg, het 'n gebrek aan verstand; hy wat dit doen, vernietig sy eie siel.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die man wat owerspel pleeg, is heeltemal dwaas. Iemand wat dit doen, verwoes sy hele lewe.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;
Afrikaans 1983 Maar 'n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat owerspel pleeg met 'n vrou, is sonder verstand; wie sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Man wat egbreuk pleeg, is baie dom, hy is mal. Hy verwoes sy eie lewe wanneer hy dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen man of vrou wat rondslaap, sal ook die skuld van hulle daad kan ontglip nie. Wie by iemand anders se vrou slaap, is baie dom. Hy vernietig homself en alles wat vir hom dierbaar is.