Proverbs 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Doen dit nou, my seun, en red jouself as jy in die hand van jou vriend kom; gaan, verneder jou en maak seker jou vriend. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan moet jy gou iets daaraan doen, my seun! Jy het beland in die mag van jou vriend. Gaan probeer jouself loskry. Gaan dring nederig by hom aan om dit nietig te verklaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | doen dan dit, my seun, om jouself te red -- want jy het in die hand van jou naaste geraak -- gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste, |
| Afrikaans 1983 | doen dan dít, my seun, en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het: gaan soebat hom, gaan pleit by hom; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | doen dan dit, my seun, om jouself te bevry, want jy het in die palm van jou medemens se hand beland: Gaan – verneder jouself! Loop reguit op jou medemens af! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My kind, dít is wat jy dan moet doen: Jy moet jouself red, want daardie persoon kan nou besluit wat met jou sal gebeur. Jy moet by hom gaan soebat, jy moet hom aanhou vra en lastig wees, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Probeer so vinnig moontlik uit hierdie knyptang kom. |