Proverbs 6:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat by sy naaste se vrou ingaan; elkeen wat aan haar raak, sal nie onskuldig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Net so is dit met iemand wat by ’n ander man se vrou gaan slaap. Niemand wat met haar lol, sal ongedeerd daarvan afkom nie.
Afrikaans 1933/1953 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.
Afrikaans 1983 Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So gaan dit met hom wat by die vrou van sy medemens ingaan. Niemand wat haar aanraak, sal ongestraf bly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So sal dit gaan met iemand wat by 'n ander man se vrou slaap, die man wat aan haar raak, sal nie vry wegkom nie, haar man sal hom straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie ontoelaatbare seks met iemand anders se vrou het, speel met vuur. Iemand wat so iets doen, gaan in groot moeilikheid beland.