Proverbs 6:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want deur middel van 'n hoer vrou word 'n man na 'n stuk brood gebring, en die egbreekster sal die kosbare lewe jag.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Prostituut kan jy vir ’n stukkie brood in die hande kry. Owerspel met ’n ander man se vrou kan jou egter jou hele lewe kos.
Afrikaans 1933/1953 want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.
Afrikaans 1983 Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die prys vir 'n prostituut is soveel as die prys van 'n ronde brood, maar iemand anders se vrou – sy maak jag op 'n kosbare lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, jy kan 'n prostituut kry en jy kan haar betaal met 'n rondebroodjie, maar die vrou van 'n ander man is soos 'n jagter, jy kan die beste wat jy het, verloor, jy kan jou lewe verloor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir ’n prostituut is kos- en huurgeld voldoende betaling. Vir die vrou van ’n ander man gaan jy egter met jou lewe betaal.