Proverbs 6:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die gebod is 'n lamp; en die wet is lig; en teregwysings van onderrig is die lewenswyse: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My opdragte is soos ’n lamp vir jou. My reëls is vir jou ’n lig. Vir die een wat hom laat dissiplineer, is dit die pad na die lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe, |
| Afrikaans 1983 | Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp, my onderrig is 'n lig; wie hom laat teregwys, is op die pad na die lewe toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want 'n gebod is 'n lamp, en onderrig is 'n lig. Die pad na die lewe is teregwysing deur vermaning, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die dinge wat jou pa vir jou sê, is soos 'n lamp, die dinge wat jou ma vir jou leer, is soos 'n lig. Iemand wat vir jou sê wat jy moet doen en wat vir jou leer, lei jou op die pad van die lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Lesse oor die lewe is soos ’n lamp. ’n Goeie opvoeding is soos ’n lig wat jou wys hoe om reg te leef. Dissipline is die deur tot ’n beter en gelukkiger lewe. |