Proverbs 6:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My seun, onderhou die gebod van jou vader en versaak die wet van jou moeder nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My seun, gehoorsaam wat jou pa jou leer. Moenie reëls wat jou ma vir jou gee, ignoreer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; |
| Afrikaans 1983 | My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My seun, hou by die gebod van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My kind, jy moet onthou wat jou pa vir jou sê, jy moenie vergeet wat jou ma vir jou leer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jongman, jou ouers se opvoeding is belangrik. Hou vas aan die reëls wat jy by jou pa gekry het. En jou ma se lesse moet jy nooit vergeet nie. |