Proverbs 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verkry wysheid, verkry insig; vergeet dit nie; en moenie van die woorde van my mond afwyk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soek na wysheid en goeie oordeel. Moenie my woorde vergeet nie. Moenie dit laat los nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie: |
| Afrikaans 1983 | Sorg dat jy wysheid bekom, en insig! Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verwerf wysheid, verwerf insig, vergeet dit nie; wyk nie af van die woorde uit my mond nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet wysheid kry, jy moet verstandig word, jy moenie vergeet nie, jy moenie ophou om te doen wat ek vir jou sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Doen jou bes om elke dag meer wysheid en insig te kry. Moet tog nooit my woorde verwerp nie. |