Proverbs 4:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bewaar jou hart met alle ywer; want daaruit is die kwessies van die lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.
Afrikaans 1933/1953 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Afrikaans 1983 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet baie versigtig wees wat jy dink, meer versigtig as met ander dinge, want as jy reg dink, dan sal jy aanhou lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wees versigtig wat jy dink. Jou denke kan jou lewe ingrypend beïnvloed.