Proverbs 4:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle is lewe vir dié wat hulle vind, en gesondheid vir hulle hele vlees.
Afrikaans (NLV) 2011 My woorde beteken lewe vir dié wat daarna luister; gesondheid vir die hele liggaam.
Afrikaans 1933/1953 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
Afrikaans 1983 want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want elkeen wat doen wat ek sê, sal aanhou lewe, en hy sal 'n gesonde mens wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie dit sy eie maak, sal vreugde ervaar, soveel dat dit selfs sy liggaam beter sal laat voel.