Proverbs 4:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hulle slaap nie, tensy hulle onheil gedoen het; en hulle slaap word weggeneem, tensy hulle sommige laat val.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle kan nie gaan slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie. Hulle kan nie tot ruste kom as hulle nie iemand anders ook laat struikel het nie.
Afrikaans 1933/1953 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
Afrikaans 1983 hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie; hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hulle kan nie slaap nie, behalwe as hulle kwaad doen; hulle slaap bly weg, tensy hulle iemand tot 'n val bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie mense kan nie slaap as hulle nie verkeerd gedoen het nie, hulle bly wakker as hulle nie sonde gedoen het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is skoon slapeloos as hulle nie vandag iemand te kort gedoen het nie.