Proverbs 31:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee sterk drank aan hom wat gereed is om te vergaan, en wyn aan dié wat bedroef is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee sterk drank vir hulle wat besig is om dood te gaan. Laat hulle wat terneergedruk is, wyn drink. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is. |
| Afrikaans 1983 | Gee drank aan dié wat besig is om onder te gaan, laat dié wat swaar ly, drink; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee sterk drank aan die een wat ten gronde gaan, en wyn aan mense met verbitterde siele. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet drank gee vir die mense wat besig is om te sterf, jy moet wyn gee vir die mense wat swaarkry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gee eerder ’n bietjie drank aan mense wat op hulle laaste is, wyn aan hulle met wie dit bitter sleg gaan. |