Proverbs 31:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is nie vir konings nie, o Lemuel, dit is nie vir konings om wyn te drink nie; ook nie vir vorste sterk drank nie:
Afrikaans (NLV) 2011 Lemuel, dit pas beslis nie by konings om te veel wyn te drink nie. Dit pas nie regeerders om hulle aan drank oor te gee nie.
Afrikaans 1933/1953 Die konings, o L,muël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;
Afrikaans 1983 Dit pas konings nie om te drink nie, Lemuel, dit pas hulle nie, dit pas mense met gesag nie om hulle aan drank oor te gee nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is vir konings nie gepas nie, Lemuel, dit is vir konings nie gepas om wyn te drink nie, vir hooggeplaastes om te wees waar daar sterk drank is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Lemuel, konings moenie wyn drink nie, mense wat regeer, moenie dronk word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Pas op vir te veel wyn. Dit pas nie by ’n koning nie. Mense wat regeer, moet nie heeltyd na drank ruik nie.