Proverbs 31:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Guns is bedrieglik, en skoonheid is nietig; maar 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
Afrikaans (NLV) 2011 Skoonheid is soms misleidend. ’n Mooi voorkoms hou nie vir altyd nie. ’n Vrou wat ontsag het vir die Here verdien om geprys te word.
Afrikaans 1933/1953 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
Afrikaans 1983 Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig; 'n vrou wat vir die Here ontsag het, sy moet geprys word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Vrou bly nie altyd jonk en mooi nie, 'n vrou wat die Here dien en Hom respekteer, dit is vir háár wat ons wil prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mooiheid bedrieg, skoonheid vergaan, maar ’n vrou wat die Here liefhet, moet jy vir altyd koester.