Proverbs 30:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | dat ek nie versadig word en U verloën en sê: Wie is die HERE? dat ek nie arm word en steel en die Naam van my God ydellik gebruik nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek te veel het, sal ek U verloën en vra: “Nou wie is die Here?” As ek te arm is, sal ek steel en my God se Naam beswadder. |
| Afrikaans 1933/1953 | dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie. |
| Afrikaans 1983 | sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: “Wie is die Here?” nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ek nie oorversadig raak en U misken en sê, “Wie is die Here? ” nie, of verarm en steel, en die naam van my God geweld aandoen nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want as ek te veel het, dan sal ek miskien sê dat ek U nie ken nie, ek sal vra: “Wie is die Here?” En as ek arm is, dan sal ek miskien steel en nie die Naam van my God respekteer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | sodat ek nie ryk word en ophou om U lief te hê, of arm word en begin steel en so u wet oortree nie. |