Proverbs 30:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verwyder nietigheid en leuens van my af; gee my nie armoede of rykdom nie; voer my met kos wat vir my gerieflik is: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die eerste plek, keer tog dat ek lieg. In die tweede plek, laat my nie arm of ryk wees nie. Gee asseblief vir my net dit wat nodig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; |
| Afrikaans 1983 | moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Valsheid en leuentaal, hou dit ver van my. Moet my nie armoede of rykdom gee nie; breek my porsie brood vir my af, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet keer dat ek nie vals is en lieg nie, U moet my nie arm of ryk maak nie, U moet vir my net die kos gee wat ek nodig het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | laat my nie ’n vals mens wees nie, laat ek nie ander belieg en bedrieg nie. Laat my nie ryk of arm wees nie. Gee U my net wat ek elke dag nodig het |