Proverbs 30:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het opgevaar in die hemel of neergedaal? wie het die wind in sy vuiste bymekaargemaak? wie het die waters in 'n kleed gebind? wie het al die eindes van die aarde bevestig? wat is sy naam, en wat is die naam van sy seun, as jy dit weet? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie kan na die hemel toe gaan en van daar af ondertoe kom? Wie kan die wind in sy twee hande vashou? Wie kan die waters in sy jas toedraai? Wie het die wye wêreld gemaak? Wat is sy naam? En die naam van sy seun? Sê tog as jy dit weet! |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun -- as jy dit weet? |
| Afrikaans 1983 | Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom? Wie het die wind in sy twee hande gevat? Wie het die water in 'n doek toegedraai? Wie het die grense van die aarde vasgestel? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het opgegaan na die hemel en afgekom? Wie het die wind bymekaargemaak in die holte van sy twee hande? Wie het die water in 'n oorkleed saamgebind? Wie het al die uithoeke van die aarde vasgestel? Wat is sy naam? En wat is sy seun se naam, as jy dit weet? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het opgegaan na die hemel en het weer afgekom? Wie het die wind met sy hande vasgehou? Wie het die water toegebind in 'n bo-kleed? Wie het besluit hoe groot die aarde moet wees? Wat is sy naam en wat is sy seun se naam? Weet jy wie dit is? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie kan die Here deurgrond? Wie het al hemel toe gegaan en teruggekom? Dit is onmoontlik om Hom volledig te ken. Wie het al die wind met sy hande teruggehou? Wie kan al die waters van die see met sy klere opskep? Wie ken die afmetings van die aarde? As jy so ’n persoon ken, sê my wat sy naam is. Vertel my ook wat sy seun se naam is. |