Proverbs 30:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, die karring van melk bring botter voort, en die kronkeling van die neus bring bloed voort;
Afrikaans (NLV) 2011 Melk wat gekarring word, maak botter. ’n Hou op die neus laat die bloed loop. As jy mense kwaad maak, gaan daar rusie kom.
Afrikaans 1933/1953 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.
Afrikaans 1983 As jy melk karring, kom daar botter; as jy iemand op die neus slaan, kom daar bloed uit; as jy mense kwaad maak, kom daar rusie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want die karring van room bring botter voort, die gekarring aan 'n neus bring bloed voort, en die gekarring aan toorn bring 'n regstryd voort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want wanneer jy melk lank skud, dan word dit botter, wanneer jy iemand op sy neus slaan, dan bloei sy neus, en wanneer jy mense kwaad maak, dan twis hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So seker as wat ’n mens melk skud en dit botter word, iemand op die neus slaan en dit begin bloei, iemand kwaad maak en daar rusie ontstaan, net so seker kom jy in die moeilikheid as jy nie jou domheid los nie.