Proverbs 30:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die oog wat met sy vader spot en dit verag om sy moeder te gehoorsaam, die kraaie van die dal sal dit uitpluk, en die jong arende sal dit eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oë van ’n man wat spot met sy pa, en hy wat ongehoorsaam is aan sy ma — die kraaie in die droë lope sal sy oë uitpik; en roofvoëls sal hom opvreet.
Afrikaans 1933/1953 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag -- die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
Afrikaans 1983 Die oë van 'n man wat met sy vader spot en vir wie dit benede hom is om sy moeder te gehoorsaam, sal uitgepik word deur die kraaie, opgevreet word deur die roofvoëls.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Oog wat 'n vader bespot en gehoorsaamheid aan 'n moeder verag – die kraaie in die dal sal dit uitpik, en die arend se kuikens sal dit opvreet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand sy ouers spot en nie wil doen wat hulle sê nie, dan sal die kraaie sy oë uitpik, en die aasvoëls sal sy oë opvreet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat sy ouers verag en hulle sleg behandel, sal tragies sterf. Hy sal in die veld dood lê en die roofvoëls sal sy oë uitpik.