Proverbs 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die graf; en die onvrugbare moederskoot; die aarde wat nie vol water is nie; en die vuur wat nie sê: Dit is genoeg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | die doderyk, die onvervulde begeerte om ma te word, grond wat uitgedor is, ’n vuur wat alles wil verteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie! |
| Afrikaans 1983 | die doderyk, die onvervulde begeerte om moeder te word, grond wat nie deurnat is nie en 'n vuur wat nooit sê “Genoeg!” nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die •doderyk, 'n geslote moederskoot, grond wat nie versadig raak van water nie, en vuur wat nie sê, “Genoeg!” nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is die doderyk, 'n vrou wat nie 'n kind kan kry nie, die grond wat altyd meer water wil hê, en 'n vuur wat nooit sê: “Dit is nou genoeg” nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is drie “dinge” wat nooit tevrede gestel kan word nie, vier wat nooit genoeg kry nie: dit is die dood, die moederskoot van ’n kinderlose vrou, ’n dorre landskap tydens droogte en ’n vuur wat aanhou brand. |