Proverbs 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die perdestroop het twee dogters wat roep: Gee, gee! Daar is drie dinge wat nooit bevredig word nie, ja, vier dinge sê nie, Dit is genoeg:
Afrikaans (NLV) 2011 Die bloedsuier het twee dogters. Die een se naam is “Gee!” en die ander s’n ook “Gee!”. Daar is drie dinge, nee, eintlik vier, wat nooit tevrede is nie:
Afrikaans 1933/1953 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --
Afrikaans 1983 Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!” Daar is drie, nee, vier wat nooit genoeg kry nie, wat nooit sê: “Genoeg!” nie:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die bloedsuier het twee dogters: Gee! Gee! Daar is drie dinge wat nie versadig raak nie, vier wat nie sê “Genoeg!” nie:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die bloedsuier wil altyd aanhou om bloed uit te suig. Daar is drie dinge wat altyd meer wil hê, daar is vier dinge wat nooit sê: “Dit is nou genoeg” nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Iemand wat altyd meer en meer wil hê, ken net twee woorde: gee, gee.