Proverbs 30:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moenie 'n dienskneg by sy heer beskuldig nie, sodat hy jou nie vervloek en jy skuldig bevind word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moet nooit ’n slaaf vals beskuldig by sy eienaar nie. Hy sal jou vervloek en dan moet jy die gelag betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie. |
| Afrikaans 1983 | Moenie 'n slaaf by sy eienaar beskinder nie; dalk vervloek die slaaf jou en moet jy die gevolge dra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie 'n slaaf by sy baas beswadder nie, anders vervloek hy jou en moet jy boete doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moenie slegte dinge oor 'n slaaf vir sy eienaar sê nie, die slaaf sal jou miskien vervloek, en dit sal sleg gaan met jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie iemand by sy baas loop en beskinder nie. Hy sal dit uitvind en dan is jy in die moeilikheid. |