Proverbs 3:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, en môre sal ek gee; wanneer jy dit by jou het.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie vir jou buurman sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help,” terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie.
Afrikaans 1933/1953 Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee -- terwyl jy dit het.
Afrikaans 1983 Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie vir jou medemens sê, “Gaan en kom later weer – môre sal ek dit gee!” terwyl jy dit by jou het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As jy dadelik kan help, dan moet jy dit doen. Jy moenie sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan sal ek jou help” nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Help dadelik. Moenie vir jou naaste sê om liewer môre te kom as jy hom vandag al kan help nie.