Proverbs 29:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As 'n wyse man met 'n dwase twis, of hy kwaad is of lag, is daar geen rus nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer ’n wyse man ’n hofsaak maak teen ’n dwaas, sal die dwaas heftig raak en hom beledig. Daar sal nie kalmte in die hofsaal wees nie.
Afrikaans 1933/1953 Het 'n wyse man met 'n sot 'n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.
Afrikaans 1983 Wanneer 'n wyse man 'n saak maak teen 'n dwaas, raak die dwaas opgewonde en beledigend, en kom daar nie vrede nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As 'n wyse mens betrokke raak in 'n hofsaak met 'n sot, is die sot senuweeagtig en giggel sonder ophou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n wyse mens 'n dwaas beskuldig, dan hou die dwaas aan om te raas en om die wyse mens te beledig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dis nie die moeite werd om met ’n dom mens te argumenteer nie. Hy lag jou net uit. Daar kom nie rus nie.