Proverbs 29:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie met 'n dief deel het, haat sy eie siel; hy hoor vloek en verraai dit nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat deel in wat ’n dief steel, gee nie om vir sy lewe nie. Hy word opgeroep om ’n getuie te wees, maar hy durf nie praat nie.
Afrikaans 1933/1953 Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
Afrikaans 1983 Iemand wat gesteelde goed ontvang, gee nie om vir sy lewe nie; hy weet die vloek sal hom tref, maar hy wil nie praat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie met 'n dief buit deel, haat sy eie lewe; hy hoor die vervloeking, maar maak tog niks bekend nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat nie lief is vir sy eie lewe nie, neem ook van die goed wat diewe gesteel het. Hy hoor dat 'n persoon die diewe vervloek wat sy goed gesteel het, maar hy sê niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie gesteelde goed koop, is net so skuldig. Hy weet dit is verkeerd, maar steur hom nie daaraan nie.