Proverbs 29:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Dienskneg sal nie met woorde gestraf word nie, want al verstaan hy, sal hy nie antwoord nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jy kan nie ’n slaaf net met woorde op die regte pad hou nie. Hy sal verstaan wat jy sê, maar tog nie na jou luister nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Met woorde laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie. |
| Afrikaans 1983 | Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie; hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Deur woorde alleen laat 'n slaaf hom nie bestraf nie; al verstaan hy dit, hy reageer nie daarop nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit help nie om net te praat met 'n slaaf nie, hy verstaan wat jy sê, maar hy doen nie wat jy wil hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat vir jou werk, luister nie altyd na wat jy sê nie. Hy verstaan wat jy sê, maar hy steur hom eenvoudig nie aan jou nie. |