Proverbs 29:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waar daar geen gesig is nie, vergaan die volk; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer ’n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, verloor hulle koers. As hulle leef volgens sy wet is hulle gelukkig. |
| Afrikaans 1933/1953 | As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy. |
| Afrikaans 1983 | Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk; dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer daar geen profetiese visioen is nie, raak 'n volk bandeloos; maar wanneer hulle die wet nakom, is hulle gelukkig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Here nie vir die profete wys wat die mense moet doen nie, dan doen die mense alles wat hulle wil. Wanneer die mense doen wat die Here wil hê, dan sal dit goed gaan met hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar die woord nie gehoor word nie, doen mense net wat hulle wil. Wie die wil van die Here ernstig opneem, is ’n gelukkige mens. |