Proverbs 28:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie die wet onderhou, is 'n wyse seun, maar hy wat 'n metgesel is van oproeriges, beskaam sy vader. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Verstandige seun gehoorsaam die eise van God. Een wat hom ophou met ligsinnige mense bring sy pa in die skande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande. |
| Afrikaans 1983 | 'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here; as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie, bring hy skande oor sy vader. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie hou by die wet, is 'n seun met insig; wie egter met roekeloses meng, steek sy vader in die skande. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Verstandige seun doen wat die Here wil hê, maar 'n pa voel sleg wanneer sy seun vriende is met mense wat altyd wil spot. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Seun wat die woord liefhet, is slim. Hy maak sy pa baie bly. Wie met vrate en dronklappe bevriend is, is vir sy ouers ’n verleentheid. |