Proverbs 28:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat hoogmoedig is, verwek twis, maar hy wat op die HERE vertrou, word vet gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Gierige persoon veroorsaak rusie. Wie op die Here vertrou, sal voorspoed ervaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik. |
| Afrikaans 1983 | 'n Gierige mens veroorsaak rusie; een wat op die Here vertrou, is voorspoedig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Gulsige persoon sit 'n stryery aan die gang; maar wie op die Here vertrou, gedy. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat altyd meer wil hê, laat mense twis met mekaar. Die persoon wat in die Here glo, word ryk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat net aan homself dink en net homself verryk, maak mense woedend. Hulle wil niks met hom te doen hê nie. Wie op die Here vertrou, is ryk en voorspoedig. |