Proverbs 28:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat 'n mens daarna bestraf, sal meer guns vind as hy wat vlei met die tong. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die een wat ander berispe, kry op die einde eerder waardering as die persoon wat ander vlei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei. |
| Afrikaans 1983 | Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dank as wat 'n vleier dit kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie 'n mens teregwys, ervaar daarna goedgesindheid, meer as hy wat vlei met die tong. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer iemand vir jou waarsku en sê hoe jy moet lewe, dan sal jy later vriendelik wees met hom, maar jy sal nie vriendelik wees met iemand wat net dinge sê om jou gelukkig te laat voel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie die moed het om mense mooi op hulle foute te wys word meer gerespekteer as iemand wat hulle net heeltyd vlei. |