Proverbs 28:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat haastig is om ryk te word, het 'n bose oog en dink nie dat armoede oor hom sal kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Geldgierige wil vinnig ryk word. Ongelukkig weet hy nie dat hy gebrek gaan ly nie.
Afrikaans 1933/1953 'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.
Afrikaans 1983 'n Inhalige mens wil gou ryk word; hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Gierigaard is oorywerig om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek vir hom voorlê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Suinige mens wil altyd meer hê, hy weet nie dat hy arm sal word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Suinige en jaloerse mens sal alles doen om ryk te word. Op die ou einde het hy nog steeds niks nie.