Proverbs 28:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is nie goed om die persoon te respekteer nie, want vir 'n stukkie brood sal die mens oortree. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is verkeerd om partydig te wees; tog sal sommige verkeerd optree vir ’n stukkie brood. |
| Afrikaans 1933/1953 | Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan. |
| Afrikaans 1983 | Dit is nie reg dat mense partydig is en sondig nie, selfs nie ter wille van 'n stukkie kos nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Om partydig te wees, is nie goed nie; vir 'n stukkie brood kan 'n man oortree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is verkeerd om téén een persoon en vír 'n ander persoon te wees wanneer jy moet oordeel. 'n Mens moenie sonde doen nie, ook nie wanneer iemand vir jou met 'n stukkie kos wil betaal nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om kant te kies in enige saak is verkeerd. Al het jy dit hoe nodig, omkoopgeskenke is ’n gruwel. |