Proverbs 28:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) 'n Betroubare man is oorvloedig met seëninge, maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie onskuldig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Betroubare man sal geseën word. Een wat ten alle koste gou ryk wil word, gaan moeilikheid kry.
Afrikaans 1933/1953 'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.
Afrikaans 1983 'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Betroubare man ervaar baie seëninge; maar wie vinnig ryk wil word, sal nie ongestraf bly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan baie goed met iemand wat altyd doen wat hy belowe, maar die Here sal die persoon straf wat gou ryk wil word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Betroubare mens ervaar baie seëninge. Wie vinnig ryk wil word, verbrand sy vingers.