Proverbs 28:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Oor die oortreding van 'n land is sy vorste baie, maar deur 'n man van verstand en kennis sal sy toestand verleng word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As daar opstand is in ’n land wissel die leiers vinnig. As ’n wyse en kundige aan bewind kom, is daar lank vastigheid in die land. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam. |
| Afrikaans 1983 | As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp; as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer 'n land oortree, is daar baie •aanvoerders, maar deur die toedoen van iemand met insig en kennis sal dit wat reg is, voortduur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die mense in 'n land opstandig word, dan is daar baie mense wat leiers wil wees. Maar wanneer daar 'n verstandige mens is wat weet wat die regte ding is om te doen, dan sal hy lank regeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Land waar korrupsie en misdaad hoogty vier, kry die een slegte leier na die ander. Iemand met kennis van die lewe en praktiese vaardighede kan ’n land van die afgrond red. |